Maandag: Die Villain van die Week

As daar ’n superheld-fliek oor die week was, sou Maandag die villain  wees. Nie die "cool, James Bond-agtige" villain nie… nee, die snaakse een wat in Crocs en ’n slapelose gesig opdaag, gewapen met niks behalwe ’n wekker wat te hard lui nie.

1. Die Oggendaanval

Sondagaand lê jy soos ’n engel in jou bed: “Môre staan ek vroeg op, maak ’n gesonde smoothie en gaan draf.”
Maandag lag in sy mou: “Haha, jy gaan die snooze-knoppie 6 keer druk en eindig met koue koffie en ’n stukkie droë beskuit.”

2. Kantoor-Olympics

By die werk is almal nog half-slaap. Die eerste e-pos voel soos ’n filosofiese vraag:

"Kan jy asseblief die attached bevestig?"
En jy wonder: “Kan ek eers net my bestaan bevestig?”

3. Maandag se Humor

Jy probeer optimisties wees: “Dis net ’n dag soos enige ander.”
Maar selfs jou rekenaar besluit Maandag toe om 17 updates te installeer.

4. Die Ironie van Koffie

Koffie op ’n Maandag is nie net ’n drankie nie. Dis mediese noodhulp. ’n Beker hoop. ’n Amptelike donasie aan jou sanity.
Tog mors jy altyd die eerste slukkie op jou wit bloes– ’n Maandag-seël van villain-wees.

5. Die Eindstryd

Teen 15:00 voel jy soos ’n oorlewende van ’n veldslag. Jy kyk na die horlosie: net nog twee ure.
Maar daardie twee ure rek soos kougom.

Samevatting:
Maandag is nie regtig boos nie. Hy is net die ou wat altyd ongevra by die partytjie opdaag, al het jy duidelik gesê dit begin eers Dinsdag.

Mooi loop

Roslyn 



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Tussen Afskeid en Begin: Amber se Valedictory

Wanneer God jou vra om stil te bly: Gehoorsaamheid in die geheime seisoene

Matriekafskeid: Meer as net ’n aand van glans – Die krag van gemeenskap