Lente en Winter: ’n Kat-en-Muis Speletjie van Epiese Proporsies
As jy dink mense is dramaties, wag tot jy hoor van die twee grootste drama-konings van die natuur: Lente en Winter. Hulle is soos daardie een paartjie wat op Insta verlief is, en op Whatsapp mekaar blok. Elke jaar voer hulle dieselfde toneel op — ’n seisoenale kat-en-muis speletjie teen wie selfs Netflix nie kan meeding nie.
Episode 1: Die Groot Uittog van Winter
Dis begin September. Jou jas is nog nie eens heeltemal in die kas nie, toe begin Lente al om haar voete te sleep in die gang. Winter, nog steeds met yskoue attitude, weier om sy koffers te pak.
Winter: “Ek’s nog nie
klaar nie! Julle mense het nog nie genoeg sop geëet nie!”
Lente: “Ag asseblief, kry jou ry. Los die mense uit, hulle
wil braai!”
Winter besluit toe natuurlik om nog ’n kouefront te gooi,
net om te wys hy kan. Een laaste “verassing” op 'n Sondag: 7°C en ’n wind wat
jou laat twyfel of jy ooit sonlig gesien het.
Episode 2: Lente Se Opwagting (Soos ’n Diva)
Lente arriveer nie rustig nie. Nee, sy verskyn soos ’n
sepie-ster: oorverhit, oordrewe en sonder waarskuwing.
“Hallo, my liefies! Ek
hoor julle soek my! Hier’s 38°C vir julle!”
Die mense het nie eers tyd gehad om hul winterhare af te
skeer nie, toe sweet ons almal al soos biltong in ’n tent.
Winter, vanuit sy Airbnb in die suide van die aardbol, stuur
natuurlik een laaste koue briesie deur net toe jy dink jy’s veilig om jou
elektriese kombers weg te pak. Kat en muis.
Episode 3: Herfs, die afskeepkind
Herfs: “Kan ons nie almal net saamkom vir ’n lekker 22°C en
bietjie wind nie?”
Lente ignoreer haar. Winter rol sy oë en stuur ’n reënbui.
Niemand gee regtig vir Herfs kans om te praat nie. Sy sit is soos iemand wat 'n
TikTok maak waarna niemand kyk nie.
Episode 4: Die Groot Wraak van Winter
Net toe jy gemaklik raak in jou lente-rok, besluit Winter:
“Ek's terug, baba.”
’n Koue front in November. Jou braai word nat, jou sambreel breek, en jy’s weer terug in jou sloffies. En dan? Tien minute later is dit 30°C. Lente lag soos iemand wat weet sy gaan wen — maar eers ná ’n paar rondes van drama.
Dis elke jaar dieselfde ding:
Winter: ❄ “Ek's koud
en kragtig.”
Lente: 🌞 “Ek's warm en gewild.
Sorry; not sorry, vir jul allergies
Herfs: 🍁 “Ek’s hier ook, ouens.”
En ons? Ons’s maar net hier vir die ride, met ’n kombers in
die een hand en sonbrandroom in die ander. Soos ek met my vrolike broek vir werk net om te besef dit sous buite.
Tot volgende seisoen! Onthou: jy mag dalk nie die weer kan beheer nie, maar jy kan altyd daaroor kla. En dit is die reg van elke trotse Suid-Afrikaner.
Mooi loop
Roslyn

Opmerkings
Plaas 'n opmerking