Hoe om ander mense te celebrate (sonder dat dit soos ’n sirkus lyk)
Kom ons wees eerlik: mense is kompleks. Party hou van konfetti, ander kry ’n hartaanval as jy net ’n ballon blaas. Maar een ding is seker: everyone wants to feel as if they are seen.
So, hoe celebrate jy iemand sonder om soos ’n desperate MC by ’n sleg georganiseerde sokkie te klink? Hier’s my onwetenskaplike, maar praktiese gids:
Dis die emosionele ekwivalent van ’n halfgebakte
roosterkoek. Sit iets by:
“Well done, jy’t daai projek oorleef én niemand vermoor
nie!”
“Well done, jy’t darem nie vir Excel laat huil nie!”
’n Bietjie humor wys jy het regtig opgelet.
2. Gebruik jou WhatsApp op slim maniere.
Stuur nie net ’n 👍 of 🎉
nie. Stuur eerder ’n voice note wat klink soos ’n sokkerkommentator wat ’n
wêreldbeker-doel vier:
“GOOOOAAALLL! En daar’s sy, Hanna van die Vrouekomitee, wat
nou net die jaarverslag laat deurgaan soos ’n warm mes deur botter!”
Dis gratis. Dis dramaties. Dis onmisbaar.
3. Eet is altyd ’n plan.
Geen mens in die geskiedenis het ooit gesê: “Ag nee, ek haat
dit dat iemand my met koek verras het.”
Cupcakes? ✔
Samoosas? ✔
Pizza? ✔
Daai een tannie se fudge [my gunsteling] wat eintlik suiker op steroïdes is? ✔✔✔
Kos = celebration. Klaar.
4. Maak dit weird, maar op ’n goeie manier.
As jy jou kollega met ’n handgemaakte kroontjie van Crazy Store se “party aisle” laat sit, gaan sy óf lag óf jou ’n HR-klag lê. Dis ’n
fifty-fifty kans – maar darem ’n memorable een. Die lewe is nie altyd 'n lied nie - kom ons probeer met 'n ge-hmmm en dit eindig dalk in 'n pragtige melodie.
5. Onthou: nie almal hou van spotlight nie.
Party mense wil net ’n stil “jy’s awesome” hê, sonder ’n
koor wat Happy Birthday in al die amptelike tale sing. Leer jou mense ken.
Celebration is nie copy-paste nie – dis custom made.
Slotgedagte
Om ander mense te celebrate is nie rocket science nie. Dis
bloot om te sê: “Ek sien jou, ek waardeer jou, en ek’s bereid om vir jou ’n
koek te koop of jou vir 10 sekondes soos Beyoncé te laat voel.”
En as jy dit reg doen, gaan mense later jou begin celebrate
– dalk met fudge, dalk met konfetti, dalk net met ’n awkward hug. Maar jy’t
gewen.
Mooi loop
Roslyn

Opmerkings
Plaas 'n opmerking