Goeie of minder-goeie vriendin? Hang af wie die oordeel vel....

Ek het onlangs ‘n ware ding raakgelees. Dit lees so:

“I haven’t always been a good person.

In some lives, I’ve been toxic

In others, I’ve helped them reach the top

In some stories, I’ve been a bad friend.

In others, I’ve always been the best listener.

Part of growth is admitting that you weren’t always the better person in all the stories.

Part of growth is admitting that you weren’t always the victim.”

Ek kan nie vir u verduidelik hoe absoluut raak hierdie inskrywing by my pas nie. Ek is al sleggesê omdat ek uitgevaar het omdat ek uitgesluit was in sekere gebeure. Uitsluiting [exclusion] was nog altyd ‘n ‘trigger’. En dalk het dit my ‘toxic’ gemaak. Wie weet!

Ek het gedink dit sal beter word na my troue, maar ek besef sekere groepe het my destyds ingesluit omdat ek enkelopend was. Ek besef ek word nou uitgesluit omdat ek nie meer alleen is nie en dalk omdat my man nie die tipiese voorbeeld is van ‘n ‘’kerkmens’ of ‘professionele mens’ is nie en hy nie praat soos hulle wat my vantevore ingesluit het nie.

Maar dis regtig nie vir my meer ‘n probleem nie. Ek love my huis en my huismaat en slaap saans salig. Ek beskou nie myself meer as ‘n slagoffer nie. That ship has sailed. 

Desnieteenstaande alles, weet ek, ek was en is nie altyd ‘n goeie mens of vriendin nie. We stretch ourselves thin for the greater good. En wanneer ons beker leeg is, sien nie een van ons ‘beneficiaries’ dit nie. Ons word dan die bad friend terwyl ons huismense dit ontgeld. Ek het ‘n bad friend geword omdat ek nie alles meer deel nie en omdat ek nie meer vir alles ja sê nie.

Ek weet ek is nog steeds die vark in menige mens se verhaal. En dis ook reg. Aannames is gemaak en vir die waarheid aanvaar en wyd-en-syd gedeel en in sulke gevalle kom Steven Seagal se aanhaling in my kop ‘Assumption is the mother of all the disorder’ [die laaste woord is my eie; syne is effe kru.

So, ek is nie altyd die vriendin wat ander mense wil hê ek moet wees nie. Vraag is, is u die goeie vriendin wat ander mense wil hê u moet wees?

Deel van groei is ‘to call yourself out'. Deel van groei is om jouself aanspreeklik te hou vir jou aandeel in die status quo. Een van die liedjies van die kerk waarvan ek 'n lid is se junior koor het verlede jaar by die musiekfees Man in the Mirror van MJ gesing. Ek deel die koorgedeelte se lirieke. 


I'm starting with the man in the mirror

I'm asking him to change his ways

And no message could have been any clearer

If you wanna make the world a better place

Take a look at yourself and then make a change

Mooi loop

Roslyn



Opmerkings

  1. Ek dink ons almal het Seagull se kru-woord in ons koppe gesê!😅 Maar vir jou verskoon ons, my Roos. Ek is seker die dominee lees ook hier. Diesnieteenstaande. Dis oukei. Ek glo the universe unfolds as it should. Baie keer laat die Here mens aspris exclude word, want Hy wil jou alleen kry :-)

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Wanneer jou hart terugloop huis toe -en kerk toe ook

Die pad met die minste spore

Vangnet