Meisie kyk hoe lyk jou hare!

 

5 Junie 2025

Mense na-aan my weet dat ek baie erg is oor my hare [of doilie soos Diana sê]. Ek het ‘n welige bos hare. Ek dink die feit dat my hare na die ongeluk alles afgheskeer is vir die gaatjies wat in my kop geboor moes word vir die in-traksie gedoente, het daartoe bygedra. Want toe dit teruggroei, was daar geen keer.

My vorige haarkapper Lollo het altyd gesê “jou hare is soos gras. Sodra dit water kry, groei dit”.

Ek het ‘n gereelde haarafspraak, want met een hand kan ek nie my hare was en droogblaas nie. Mense met twee funksionele hande sukkel om hul eie hare droog te blaas; dink jou in hoe sou ek sukkel. Ek was ook op die natural hair reis, maar ook daarvoor het jy twee hande nodig om presentable te lyk. En ek kan nie 'n kopdoek bind nie [volgens twee hande]. 

So, sou jy vra, wat is nou so spesiaal aan my hare. Weet julle, ek het al oorweeg om dit alles af te skeer, maar dan sou my ‘scars’ van die boorgate wys en dan sou julle dink ek was bietjie rof in my dae. Ander rede hoekom ek daarteen besluit het was omdat manlief bles is en hy daarvan hou om met my hare te speel. Dit verskaf hom genot en ek kan hom nie dit nie ontsê nie.

Maar ernstig nou; as ons hare mooi lyk, kan jy ‘n sak dra en jy sal mooi voel. Hare is meer as net hare. Dis deel van jou identiteit of dit kort of lank, natural of al die chemicals denkbaar al gebruik het. En as jy besluit om alles af te skeer is dit ook okay, want Lukas 12:7 sê: "Selfs die hare op julle kop is almal getel. [So dit wat teruggroei, is ook getel]

En op a bad hair day is daar altyd lipstiffie [hoe rooier, hoe beter], né Alvené.

 

Mooi loop

Roslyn



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die pad met die minste spore

Vangnet

Wees lief vir jouself - jy mag maar