God se opdrag bring vrede.

5 Junie 2025

Ons is nou al 96 dae inwoners van die Kouga munisipaliteit. Ek het op 3 Februarie by die munisipaliteit in Jeffreysbaai begin werk en op 1 Maart het ons getrek.

Kort nadat ons getrou het het Tony gesê dat ons op ‘n ander onbekende plek ‘n lewe vir ons moet bou. Ek het vasgeskop, want wat van my familie en die kerk.

God se tyd is perfek. Toe ek hierdie werk kry, was daar net vrede in my. Geen angs. Ek is nog altyd vrede en angs-vry. En die fisiese trekkery was die angs; nie die verandering van omgewing nie

Ek reken wanneer jy weet dat dit God se wil is, ken jy net vrede.

En nou bevind ek my in ‘n omgewing waar ek nie bekend is of waar mense nie van my weet nie. En weet u wat? Dis okei. My vriendin Alvené het vir my gesê mense ervaar nou die Roslyn wat Jesus verteenwoordig en nie die vrou wat op verskillende platforms in GQ gepraat, gepreek en geskryf het nie.

Om ‘n plekkie te vind waar ons diensbaar kan wees, is nie ‘n uitdaging nie. Ons weet waar, maar ook dit sal op God se tyd gebeur.

Ek sien nou posisies in my veld in GQ. Gaan ek aansoek doen? Nee. Want God se opdrag was om te beweeg na die plek wat Hy sou aanwys.

So, as u moet beweeg en u weet dis ‘n opdrag uit God se hand, beweeg. En as jy beweeg en vrede ervaar, beweeg.

Mooi loop

Roslyn



 


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die pad met die minste spore

Vangnet

Wees lief vir jouself - jy mag maar