RSVP: Daai vier letters wat mense skielik blind maak 👀
Kom ons praat gou eerlik. Dis 2025, ons kan op Mars gaan woon, Artificial Intelligence (AI) vra om resepte te skryf en ’n Uber bestel sonder om ‘n woord te uiter — maar om te sê “Ja, ek kom” of “Nee dankie, ek gaan nie kan nie”? Dis skielik rocket science. 🚀
Jy stuur ’n mooi uitnodiging, met prentjies, datums, plek,
selfs die dress code. En onderaan, beleefd, tik jy: RSVP teen 10 Oktober.
En wat doen mense? Hulle lees dit, glimlag, en… blue-tick
jou. Ek moes met my 50ste verjaarsdag mense oor-en-oor vra en selfs derde
partye betrokke kry om namens my te vra of die genooides gaan kom. Die response
op Whatsapp na vele probeerslae: ‘ons gaan nie jou party bywoon nie”. Yskoud.
Maar ek het toe ‘n antwoord gekry.
Wat beteken RSVP?
Kom ons begin by basiese opvoeding:
RSVP beteken “Répondez s’il vous plaît” – Frans vir
“Antwoord asseblief.”
Nie “ignoreer asseblief”, nie “ek kyk nog of iets beter
opkom”, en beslis nie “ek sal sien hoe ek voel daai dag” nie.
’n RSVP is nie ’n belofte van trou nie – dis net goeie
maniere. Dis soos om iemand te groet terug as hulle sê “Hallo.”
Maar wag – dis nog beter!
Want daai selfde mense wat nie op ander se uitnodigings
reageer nie…
Is gewoonlik die eerste om te knor as jy hulle uitnodiging
mis of nie betyds RSVP nie.
Dis nie drama nie, dis net respek
Die ding is: mense nooi jou omdat hulle jou graag daar wil sien. Dieselfde mense beplan catering, tafels, stoele, ens op grond van daardie RSVP’s.
As jy nie antwoord nie, dink hulle jy kom dalk, en dan koop
hulle ekstra hoender, ekstra stoele, en ekstra servette.
En dan daag jy nie op nie — of erger, jy daag sonder RSVP
wel op!
Nou’s daar nie genoeg hoender nie. En dis hoe familie-fights
begin. 🍗😂
Kom ons maak dit maklik
As jy gaan kom – sê ja.
As jy nie gaan kom nie – sê nee, met liefde.
As jy nie seker is nie – sê “Ek laat weet teen Vrydag.”
Dis regtig nie moeilik nie. Jy’t nie ’n diploma in event
management nodig om beleefd te wees nie.
Laaste gedagte (met liefde, natuurlik ❤)
RSVP is nie net ’n Franse woord vir “moeilikheid maak” nie.
Dis ’n klein teken van volwassenheid en respek – en dit
spaar almal drama, geld en hartseer.
So, die volgende keer as jy ’n uitnodiging kry, wees die
volwasse mens wat jy voorgee om te wees op Facebook: antwoord.
Dis gratis, vinnig, en dis die ordentlike ding om te doen.
Mooi loop
Roslyn

Opmerkings
Plaas 'n opmerking