Ek leer nog…” – Die ewige kruipende generasie
Hulle sê: “Mens moet eers kruip voor jy loop.” Dis waar — ons almal begin daar. Met hande vol gras, knieë vol krapmerke, en trots wanneer ons daai eerste wankelrige tree gee. Maar o wee… sommige mense het besluit hulle hou van die kruipstadium . Dis lekker daar onder! Naby aan die vloer, min verantwoordelikheid, en as iets skeefloop — wel, jy’s mos “nog besig om te leer.” Die “ek leer nog”-koor Jy ken hulle. Hulle kom laat by die werk, tik stadig op die rekenaar, en as jy vra hoekom iets nog nie klaar is nie, dan kom dit met ’n glimlag: “Ag, ek leer nog, jy weet mos…” Ja, dis al drie jaar later. Drie jaar van leer . Drie jaar van probeer . Drie jaar van ander wat hul werk dra soos ’n moeë ma wat al vyf keer in dieselfde nag moes opstaan. Van kruip na wankel Dis nie dat ons almal sommer sprint nie — nee, almal struikel maar eers ’n bietjie. Maar dis die probeer loop wat saak maak. Kyk, as jy al ’n jaar lank by die selfde “basiese” taak is en jy nog sê “ek leer nog” ...