Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie; solank jy eerste kom
Onthou u die dae toe ons speletjies gespeel het en daar moes
spanne gekies word. En onthou u daai gebed ‘asseblief moenie laat ek laaste
gekies word nie’.
Dan was daar die dae
van atletiek en hoe u dalk altyd laaste gekom het. Dan was daar niemand
om u aan te moedig nie, want wie skree nou vir die verloorder?
Ek was nie ‘n hardloper nie. Ek kan dit in elk geval nou ook
nie doen nie. My beentjies was te kort vir hoog- of verspring. As ek vir enige
speletjie gekies sou word, sou dit beteken dat die span sou verloor; ver
verloor.
Ons hou van wen en ons hou van wenners. Ons het nie altyd
die geduld vir verloorders nie.
Een van my vriende Andrew Kock het die volgende woorde van
sy ma gedeel: Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie, solank jy eerste kom.
So, in die lewe van wen en verloor, gaan daar altyd iemand
wees wat nie eerste gaan wees nie. Hoe ons dit hanteer spreek natuurlik
boekdele.
Aan die wenners en hul ondersteuners: skree vir ‘n slag vir
die wat laaste kom. Hulle het die applous dalk meer nodig as die wat eerste
kom.
En in die proses van 'wins and losses', kom eerste en kyk na die manière hoe
ons die wen en verloor van onsself en van andere, hanteer.
Mooi loop
Roslyn
Dis vir my een van die mooiste goed...die mense wat vir dié wat laaste kom, cheer. As onnie is daai vir my ook noodsaaklik, om die een wat nie top is nie, aan te moedig! Dankie vir dié.
AntwoordVee uit