Omvou ouer-word

 

Ek was altyd gewoond daaraan dat kinders en jongmense in my familie, vriendekring en kerkgemeenskap my ‘Aunty Ros” noem. My kleinneef en -niggie noem my op my voornaam omdat ek dit so verkies.

Ek het nooit ‘n probleem met ouer-word gehad nie; veral omdat ek nog altyd gehoor het hoe goed ek vir my ouderdom lyk. Ek het ook jonger ‘old souls’ wat my hartsmense is. Wanneer taxi-guardjies my as ‘Mammie’ aangespreek het, het ek altyd gedink ‘ek moet eintlik vir jou Daddy noem want jy baie ouer as hierdie Mammie”. Dit dui seker op respek, ne.

My ouderdom was nie die helfte ‘in my face’ soos in my nuwe werksplek nie.

Die waarheid is dat baie van my kollegas jonk genoeg is om my kinders te wees. Die skoonmaker en HR-klong noem my ‘Mumzo’. In GQ noem net een mens my Mumzo: Zoe Daniels. Een van my vele kinders. Wanneer sommige kollegas my e-pos begin hulle ‘Good morning Mam Klaasen’. Wanneer een van die ‘office administrators’ wat naby my parkeer soggens uit haar motor klim, groet sy van ver af ‘More Aunty’.

Ek moes daaraan gewoond raak omdat ek vir vyf jaar nie in ‘n kantoor-opset en daagliks met dieselfde mense te doen gekry het nie.

En nou sal dit vreemd wees as Bronwyn nie soggens groet met ‘n “More Aunty’ of as Lolwethu nie inloer en groet ‘Morning Mumzo’ en ‘n drukkie gee nie.

Dis ‘n absolute voorreg om ouer te word. Ons almal weet van mense wat baie jonk sterf of wat ouer word en allerlei chroniese siektes beveg.

My ma was 63 toe sy oorlede is en haar jonger suster was net 40-something. Ek is iewers in die middel. Ek glo dat God se GENADE my 35 jaar gelede gered het omdat Hy wou sien dat ek my ‘purpose’ vervul.

Vir almal wat glo dat ouer word ‘n kopseer is, ons liggame is besig om te sterf, maar God maak ons geestelike lewe elke dag nuut. 2 Korinthiërs 4:16.

Mooi loop

Roslyn

 

 

 

 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Wanneer jou hart terugloop huis toe -en kerk toe ook

Die pad met die minste spore

Vangnet