Desperaat vir Hom
Desperaatheid.
Ons hoor gereeld van mense wat uit desperaatheid een of ander ding gedoen het.
En omdat ons nie weet waarom hulle op ‘n sekere manier optree nie, veroordeel
ons hulle.
Uit
desperaatheid sien ‘n ma dalk nie ‘n ander uitweg om brood op die tafel sit
nie. Die familie en vriende brom al onderlangs wanneer hulle haar sien aankom
en weet sy kom soek of ‘n pot se plan of geld vir brood of krag.
Omdat sy
nie lus is vir oordeel-oë of jammerkry-oë of twenty questions nie, maak sy ‘n
desperate plan. Sy word of ‘n shoplifter, steel goed by ander mense se huise of
sy verkoop haar liggaam.
Ander kry
dalk kind op kind om die staatstoelae te ontvang.
Dan is daar
ander wat desperaat is vir liefde en laat mense in hul lewens toe wat hulle
duur te staan kom. Hulle maak skuld en neem besluite wat been regdenkende mens
sou neem nie. En wanneer die “object of
their affection” jou leeg gesuig het en sy/haar volgende prooi geidentifiseer
het, sit jy met die skuld en in groot verleentheid.
Been
there. Done that. Got the t-shirt. En ek kan nie glo ek was so
desperaat-dom nie.
En die
woorde ‘is sy/hy dan so desperate?” wanneer iemand ‘n verhouding het met ‘n persoon
wat nie aantreklik/mooi is of wat hulle sleg behandel, is wat ons gereeld hoor.
Michael. W.
Smith sing:
This
is the air I breathe
This is the air I breathe
Your holy presence living in me
This is my daily bread
This is my daily bread
Your very word spoken to me
And I, I'm desperate for You
And I, I'm lost without You
Na jare van
soek vir ‘validation’ kan ek met selfvertroue deel dat ek net DESPERAAT vir JESUS
is. Want sonder Hom is ek heeltemal
verlore. My huwelik, familie of wie ek in die kerk of gemeenskap is, definieer
my nie. My hunkering en desperaatheid vir Jesus se teenwoordigheid is wat my
laat tick.
Probeer
dit. Die lewe word dan kalmer, jou hart klop reelmatig en drama is ‘n
vreemdeling.
Mooi loop
Roslyn
Opmerkings
Plaas 'n opmerking