Die pad met die minste spore
19 Mei 2025
Netwerk24 se Nuutskeppings-kompetisie het die wenuitdrukking 'Die pad met die minste spore' vir 'Off the beaten path' opgelewer. Ek het ook ingeskryf, maar nie sukses behaal nie.
Vrydagoggend is ons George toe vir ons kleindogter, Eliza, se 'Grandparents Day'. Dit was 'n aangename paar uur met haar en haar mammie Dominica.
Soos gebruiklik het ons die N2 aangepak George toe. Die rit se drama is 'n storie vir 'n ander dag. Die terugrit was 'n perd van 'n ander skakering, want ek lei toe vir Tony na die N9.
Dit was die pad met die minste spore. Vir etlike kilometers was daar nie nog voertuie in sig nie en het ons begin bekommerd raak oor die skaarste van petrolstasies op hierdie pad.
Ons het later verby Misgund - waar vriendin Madelene gebore is - gery, toe Louterwater, Krakeelrivier [aunty Elbie en Eileen se geboortedorp], Joubertina [waar vriend Tienie se familie vandaan kom], en Kareedouw waar vriendin Denise se broer woon.
In die vlaktes het ons die ander kant van die provinsies - Wes- en Oos-Kaap - gesien en vir mekaar gese dis hoe die lewe ook maar is. Daar is 'n dorre kant en 'n groen kant. Soms is dit droog en ander kere is dit geil.
Tony en ek het in die vlaktes God se hand gesien en besef dat Hy ook dit geskep het; net soos die see aan die ander kant. Bokant die N2 en die N9 was dit dieselfde blou lug wat ook deur God geskep is.
Dit het my laat dink aan iemand se gebed: dieselfde reen wat op my val, val ook op 'n gesalfde van die Here. Daar is nie 'n spesiale reenval vir die wat Hy gesalf het nie.
Net so is daar een son vir alle dele van die land; soms bietjie feller in die somertyd, maar tog een son.
Op die pad met die minste spore tussen vlaktes en slange op die teerpad is daar 'n paar lesse te leer.
Mooi loop
Roslyn
Dis só mooi, en só waar! God se genade en liefde is vir álmal. Hou aan skryf, my Roos!
AntwoordVee uit