Verjaarsdae is onthoudae
22 Mei 2025
Ek het gister verjaar. Jip, 'n jaar ouer en 'n jaar van onbeskryflike genade.
Ek het deur my fotos van my afgelope lewensjaar gegaan en besef dat ek 'n baie besige program gehad het.
Dit het begin met my wat my naastes bederf het met 'n verjaarsdagontbyt in Mei, en 'n prediker by 'n diens, gevolg deur 'n vyftigste verjaarsdag, fondsinsamelinggeleentheid en boekbekendstelling in Junie.
Julie is gekenmerk deur oefeninge vir 'n musiekfees wat later daardie maand aangebied is, 'n gala-aand met Augustus wat vol Vroue-maand aktiwiteite was en ons kon wegbreek na ons kinders in George.
En so kan ek aangaan oor my besige program. Maar wat het ek daaruit geleer en het dit my gehelp om my 'purpose' uit te leef.
Ek glo dis my 'purpose' om 'n 'encourager' te wees en in my besig-wees het ek merendeels dit gedoen.
Soos ek deur my fotos gegaan het, het ek onthou waarom ek alles gedoen het - dit was om God te verheerlik deur vir mense te wys dat God jou kan gebruik inaggenome jou omstandighede.
Ek het onthou dat vanaf 21 Mei 2024 tot 20 Mei 2025, God se hand op my was en dat Hy Sy wil in alles laat geskied het.
Moenie u verjaarsdag geringskat nie. U is hier vir 'n 'purpose'. Onthou.
Mooi loop
Roslyn
Opmerkings
Plaas 'n opmerking