Wees lief vir jouself - jy mag maar

 14 Mei 2025

Ek lees vanoggend die volgende op Cece Winans se IG: 'Everything changes when you start living like you're loved—because you are.

'Gone are the days of begging for affirmation. When you know who you are and whose you are, you stop searching and start carrying the love of the Fathee who's already chosen you."

Na dekades van nie vir myself wees nie, het dit my laat wonder hoe lief ons vir onsself is. Nie die 'kyk vir my, ek is so wonderlik' soort selfliefde nie. Nee. Die liefde wat jou laat besef dat Iemand het gedink jy is so waardevol dat Hy Sy lewe vir joune gee. Die liefde wat - wanneer jy in die spieel kyk - bevestig dat jy na God se beeld geskep is. 

Wanneer jy besef dat Hy jou naam in Sy handpalms gegraveer het en Hy sê vir jou en my “omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag en Ek jou liefhet”, moet jy WEET jy kan maar vir jouself wees. Die Koning van die Skepping is dan lief vir jou en vir my.

Klink dit te eenvoudig? Dit is eenvoudig. Begin deur jouself te ‘affirm’ met wat in God se Woord staan. Doen dit elke dag.

En wanneer jy self-liefde beoefen, onthouom  'kind' met jouself te wees. 

Wanneer jy jouself liefhet, dan het jy ander ook op  ‘n beter manier lief.

 

Mooi loop

Roslyn


 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die pad met die minste spore

Vangnet