Plasings

Die Soeke na Gemeenskap: Waarom Ons Mense Nodig Het

Prent
In ’n wêreld waar ons meer verbind [connected] is as ooit — met slimfone, sosiale media en instant messaging — voel baie mense ironies genoeg meer alleen as ooit tevore. Tog leef daar diep binne elke mens ’n verlange na gemeenskap — daardie gevoel van behoort, van gesien en verstaan word, van saam wees met ander mense wat jou reis deel. Wat beteken “gemeenskap” regtig? Gemeenskap is meer as net ’n groep mense wat in dieselfde straat of dorp woon. Dis ’n leefwyse — ’n manier om teenwoordig te wees in mekaar se lewens. Dis waar mense mekaar dra in moeilike tye, saam lag, saam droom, en saam groei. Dis waar verskille nie skeiding bring nie, maar kleur en diepte. ’n Eerlike gemeenskap gee vir mense ruimte om hulself te wees — sonder oordeel, sonder maskers. Dis waar jy kan sê: “Ek hoor jou. Ek verstaan.” En net so belangrik: “Ek word ook gehoor.” Waarom soek ons dit so aanhoudend? Want ons is geskape vir verbondenheid, vir behoort. Van kleins af soek ons na aanvaarding — in familie, by vri...

Guy Fawkes in Gqeberha

Prent
Elke jaar op 5 November hoor jy oral in die buurt daai “BOOM!” , gevolg deur ’n hond wat besluit om onder die bed in te trek tot Kersfees. Dis Guy Fawkes-aand , wanneer mense in die donker bymekaar kom om te doen wat menslike beskawing al vir eeue doen: iets opblaas in die naam van geskiedenis. Maar wie was hierdie ou Guy Fawkes nou eintlik – en hoekom brand ons nog vuurwerke vir hom, honderde jare later? Kom ons steek die lont aan en kyk. D ie Groot Plan wat Nie So Lekker Gewerk het Nie Dis 1605 in Engeland. Die koning is James I , en ’n groep Katolieke manne is gatvol vir hoe dinge loop. Hulle besluit: “Kom ons blaas die parlement op!” (Ja, want niks sê “vrede op aarde” soos 36 vate buskruit nie.) Enter Guy Fawkes – die man wat gekies is om die lont aan te steek. Miskien omdat hy dapper was… of dalk omdat hy die enigste een was met goeie beligting in sy kelder. Spoiler alert: hulle plan flop harder as ’n 'failed' video op TikTok . Fawkes word gevang met die lont in...

Ek leer nog…” – Die ewige kruipende generasie

Prent
Hulle sê: “Mens moet eers kruip voor jy loop.” Dis waar — ons almal begin daar. Met hande vol gras, knieë vol krapmerke, en trots wanneer ons daai eerste wankelrige tree gee. Maar o wee… sommige mense het besluit hulle hou van die kruipstadium . Dis lekker daar onder! Naby aan die vloer, min verantwoordelikheid, en as iets skeefloop — wel, jy’s mos “nog besig om te leer.”  Die “ek leer nog”-koor Jy ken hulle. Hulle kom laat by die werk, tik stadig op die rekenaar, en as jy vra hoekom iets nog nie klaar is nie, dan kom dit met ’n glimlag: “Ag, ek leer nog, jy weet mos…” Ja, dis al drie jaar later. Drie jaar van leer . Drie jaar van probeer . Drie jaar van ander wat hul werk dra soos ’n moeë ma wat al vyf keer in dieselfde nag moes opstaan. Van kruip na wankel Dis nie dat ons almal sommer sprint nie — nee, almal struikel maar eers ’n bietjie. Maar dis die probeer loop wat saak maak. Kyk, as jy al ’n jaar lank by die selfde “basiese” taak is en jy nog sê “ek leer nog” ...

Eerste Indrukke: Daai Lewenslange Skuldigbevinding wat Niemand Herroep Nie

Prent
Weet jy wat is gevaarliker as ’n slegte haarstyl op jou ID-foto? ’n Eerste indruk. Daardie oomblik waar iemand jou vir vyf minute sien, hul eie storie in hul kop skryf — en jy bly daai karakter vir die res van jou lewe. Jy kan verander, groei, ’n PhD kry en nou “journaling” doen oor jou gevoelens… maar vir hulle is jy steeds daai een. Jy het dalk in graad 10 een keer te hard gelag by ’n konsert — nou, 12 jaar later, dink mense jy’s “daai een wat soos ’n motoralarm lag.” Of jy’t een keer jou hemp binne-buite gedra, en sedertdien is jy die menslike weergawe van ’n “system error.” Ek bedoel, dis nou 2025. Ek drink groen smoothies, doen my belasting op tyd, en sê snaakse woorde sonder om te lag. En tog, êrens daar buite is iemand wat steeds glo ek’s daai kind wat haar sokkies in ’n mikrogolf probeer droogmaak. Werk is net so erg. Jy sê op jou eerste dag: “Ek’s nie regtig ’n oggendmens nie.” En nou, jare later, kry jy elke oggend jou e-pos met die onderwerp: “Vir As Jy Eers Koffie Gedrink H...

Tussen Afskeid en Begin: Amber se Valedictory

Prent
Vandag het my susterskind, Amber, haar valedictory diens gehad — ’n oomblik wat voel soos die eindpunt van ’n lang, kronkelende pad én die begin van ’n heel nuwe reis. Twaalf jaar se skoolloopbaan, plus nog die jare in die crèche, kom vandag tot rus. ’n Groot hoofstuk word afgesluit, maar daar is ook die opgewondenheid van wat voorlê. Ek dink terug aan die klein dogtertjie wat haar eerste oggende by Small Wonders crèche deurgebring het — soms met trane, soms met glimlaggies vol nuuskierigheid. Daarna het sy by Moregrove Laerskool begin, waar sy nie net leer lees en skryf het nie, maar ook leer speel, droom en soms selfs “siek” speel. En dan was daar Uncle Haggie, die bestuurder van die skoolvervoer, wat haar op sulke dae sommer saam met hom gevat het om by sy suster te kuier. Dis hierdie klein stories wat vandag se groot oomblik soveel meer betekenisvol maak. Van daar af het die jare hul eie ritme aangeneem — projekte, sportdae, nuwe vriendskappe, soms hartseer, soms oorwinnings. By ...

Dis nie spog nie, dis coping – chill, mense!

Prent
Elke keer as iemand iets op sosiale media plaas – ’n mooi bord kos, ’n glimlag by die see, of ’n selfie met daai “ek het my lewe onder beheer” uitdrukking – is daar altyd een stem in die bondel wat sê: > “Sjoe, kyk hoe brag sy alweer.” Nee, Mavis. Ons spog nie. Ons oorleef. Wanneer ek vir ek en Tony post is sy kommentaar: die mense gaan dink jy spog. My antwoord: 'Let them'.  Die wêreld is rof. Party dae is so moeilik dat mens net vir vyf minute ’n mooi foto moet plaas om te onthou dat jy nog bestaan. Dis nie ’n “soft life” nie, dis selfterapie met goeie beligting. Wat jy sien: ’n Selfie met sonskyn, latte in die hand, filter op “Golden Hour”. Wat jy nie sien nie: Drie ongeopende rekeninge op die kombuistafel, die kat op die stoof, en ’n innerlike eksistensiële krisis wat sê: “Ek wil nie meer ‘n volwassene wees nie?” Die waarheid oor “happy” posts Mense wat lag op foto’s huil soms in parkeerterreine. Mense wat op ’n strand staan met arms oop na die wind, ...

Wanneer God jou vra om stil te bly: Gehoorsaamheid in die geheime seisoene

Prent
Daar is tye in die lewe wanneer God jou nie roep om te praat nie — Hy roep jou om stil te bly. Nie omdat jy niks het om te sê nie, maar omdat Hy besig is om dinge agter die skerms te rangskik op maniere wat jy nie kan verstaan nie. In Maart het ek van Gqeberha na Jeffreysbaai verhuis. Op die oppervlak het dit soos ’n eenvoudige skuif gelyk — ’n nuwe dorp, ’n nuwe ritme, ’n nuwe hoofstuk. Maar nou, wanneer ek terugkyk, sien ek hoe elke stap, elke wagperiode, elke teleurstelling eintlik deel was van God se dans. Ek sê “dans”, want Hy het die passes perfek uitgewerk — selfs toe ek nie die musiek kon hoor nie. Ek onthou hoe ek verlede jaar in Maart gekortlys is vir ’n pos in die burgemeester se kantoor. Ek het hoopvol gewag, gebid, en toe ek nkks hoor na die onderhoud nie, het ek geweet rk was onsuksesvol. Ek het net stil gebly. Ek het geweet ek moes nie stry met God se “nee” nie. Soms is gehoorsaamheid nie om te doen nie — dis om te laat gaan. Sewe maande later, onverwags, kry ek ’n op...