Goeie of minder-goeie vriendin? Hang af wie die oordeel vel....
Ek het onlangs ‘n ware ding raakgelees. Dit lees so: “I haven’t always been a good person. In some lives, I’ve been toxic In others, I’ve helped them reach the top In some stories, I’ve been a bad friend. In others, I’ve always been the best listener. Part of growth is admitting that you weren’t always the better person in all the stories. Part of growth is admitting that you weren’t always the victim.” Ek kan nie vir u verduidelik hoe absoluut raak hierdie inskrywing by my pas nie. Ek is al sleggesê omdat ek uitgevaar het omdat ek uitgesluit was in sekere gebeure. Uitsluiting [exclusion] was nog altyd ‘n ‘trigger’. En dalk het dit my ‘toxic’ gemaak. Wie weet! Ek het gedink dit sal beter word na my troue, maar ek besef sekere groepe het my destyds ingesluit omdat ek enkelopend was. Ek besef ek word nou uitgesluit omdat ek nie meer alleen is nie en dalk omdat my man nie die tipiese voorbeeld is van ‘n ‘’kerkmens’ of ‘professionele mens’ is nie en hy nie praat soos hull...