Desperaat vir Hom
Desperaatheid. Ons hoor gereeld van mense wat uit desperaatheid een of ander ding gedoen het. En omdat ons nie weet waarom hulle op ‘n sekere manier optree nie, veroordeel ons hulle. Uit desperaatheid sien ‘n ma dalk nie ‘n ander uitweg om brood op die tafel sit nie. Die familie en vriende brom al onderlangs wanneer hulle haar sien aankom en weet sy kom soek of ‘n pot se plan of geld vir brood of krag. Omdat sy nie lus is vir oordeel-oë of jammerkry-oë of twenty questions nie, maak sy ‘n desperate plan. Sy word of ‘n shoplifter, steel goed by ander mense se huise of sy verkoop haar liggaam. Ander kry dalk kind op kind om die staatstoelae te ontvang. Dan is daar ander wat desperaat is vir liefde en laat mense in hul lewens toe wat hulle duur te staan kom. Hulle maak skuld en neem besluite wat been regdenkende mens sou neem nie. En wanneer die “object of their affection” jou leeg gesuig het en sy/haar volgende prooi geidentifiseer het, sit jy met die skuld en in groo...