Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2025

Verjaarsdae is onthoudae

Prent
  22 Mei 2025 Ek het gister verjaar. Jip, 'n jaar ouer en 'n jaar van onbeskryflike genade. Ek het deur my fotos van my afgelope lewensjaar gegaan en besef dat ek 'n baie besige program gehad het. Dit het begin met my wat my naastes bederf het met 'n verjaarsdagontbyt in Mei, en 'n prediker by 'n diens, gevolg deur 'n vyftigste verjaarsdag, fondsinsamelinggeleentheid en boekbekendstelling in Junie.  Julie is gekenmerk deur oefeninge vir 'n musiekfees wat later daardie maand aangebied is, 'n gala-aand met Augustus wat vol Vroue-maand aktiwiteite was en ons kon wegbreek na ons kinders in George. En so kan ek aangaan oor my besige program. Maar wat het ek daaruit geleer en het dit my gehelp om my 'purpose' uit te leef. Ek glo dis my 'purpose' om 'n 'encourager' te wees en in my besig-wees het ek merendeels dit gedoen.  Soos ek deur my fotos gegaan het, het ek onthou waarom ek alles gedoen het - dit was om God te verheerlik de...

Omdraaipaaie en vashaak-paaie.

Prent
20 Mei 2025 Op Vrydag, 16 Mei is ons vroeg op, want 05:30 [op die laatste] gaan ons in die pad val George toe. So gemaak, en ons eerste stilhou-plek is -soos altyd - by die Tsitsikamma Petroport. Na 'n koffie en gemaksbreuk, sien Tony iemand wat hy ken. D aar haak ons vas. Ek herken die man se vrou, Gail Thomas, en daar word 15 minute toe 45 minute op 'n vashaak-pad. Na nog vashakery by die 'stop 'n go'  tekens vir padwerke tussen Stormsrivier en die tolhek, bevind ons onsself in 'n omdraaigedoente. Die rede: ons kan nie met 'n debietkaart betaal nie.  Ek bespeur 'n ongemaklikheid by Tony en skakel net daar die radio af. Ek bid en vra God vir kalmte en dat ons nie moet vergeet dat ons vir reisgenade gebid het nie. En dat die dinge deel van die reisgenade was. Ons moes net aanvaar dat ons laat gaan wees vir die byeenkoms. Twee stop 'n go's [Stormsrivier Village toe en terug] later en ons is uiteindelik onderweg na ons kinders. Maar wat ons nie gew...

Die pad met die minste spore

Prent
  19 Mei 2025 Netwerk24 se Nuutskeppings-kompetisie het die wenuitdrukking 'Die pad met die minste spore' vir 'Off the beaten path' opgelewer. Ek het ook ingeskryf, maar nie sukses behaal nie. Vrydagoggend is ons George toe vir ons kleindogter, Eliza, se 'Grandparents Day'. Dit was 'n aangename paar uur met haar en haar mammie Dominica. Soos gebruiklik het ons die N2 aangepak George toe. Die rit se drama is 'n storie vir 'n ander dag. Die terugrit was 'n perd van 'n ander skakering, want ek lei toe vir Tony na die N9. Dit was die pad met die minste spore. Vir etlike kilometers was daar nie nog voertuie in sig nie en het ons begin bekommerd raak oor die skaarste van petrolstasies op hierdie pad. Ons het later verby Misgund - waar vriendin Madelene gebore is - gery, toe Louterwater, Krakeelrivier [aunty Elbie en Eileen se geboortedorp], Joubertina [waar vriend Tienie se familie vandaan kom], en Kareedouw waar vriendin Denise se broer woon. In d...

Wees lief vir jouself - jy mag maar

Prent
 14 Mei 2025 Ek lees vanoggend die volgende op Cece Winans se IG: 'Everything changes when you start living like you're loved—because you are. 'Gone are the days of begging for affirmation. When you know who you are and whose you are, you stop searching and start carrying the love of the Fathee who's already chosen you." Na dekades van nie vir myself wees nie, het dit my laat wonder hoe lief ons vir onsself is. Nie die 'kyk vir my, ek is so wonderlik' soort selfliefde nie. Nee. Die liefde wat jou laat besef dat Iemand het gedink jy is so waardevol dat Hy Sy lewe vir joune gee. Die liefde wat - wanneer jy in die spieel kyk - bevestig dat jy na God se beeld geskep is.  Wanneer jy besef dat Hy jou naam in Sy handpalms gegraveer het en Hy sê vir jou en my “omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag en Ek jou liefhet”, moet jy WEET jy kan maar vir jouself wees. Die Koning van die Skepping is dan lief vir jou en vir my. Klink dit te eenvoudig? Dit is eenvoudig. Begi...

Vangnet

Prent
13 Mei 2025 Gisteraand tussen selfoonspeletjies en Dealor no Deal op YouTube kyk, weerklink die woorde "safety net" in my kop. En ek het besef dis wat y bloruimte moet heet: Vangnet. Vangnet kan verskeie betekenisse hê, afhangende van die konteks waarin dit gebruik word: 1. Fisiese vangnet – 'n Groot net wat gebruik word om mense of voorwerpe op te vang, soos in 'n sirkus onder 'n trapeze of as 'n veiligheidsmaatreël vir mense wat van 'n hoogte moet spring. 2. Sosiale vangnet – 'n Stelsel van reëlings en maatreëls wat mense met finansiële of maatskaplike probleme help, soos werkloosheidsversekering of maatskaplike toelaes. 3. Ekonomiese vangnet – 'n Beskermingsmeganisme in finansies of besigheid wat help om verliese te beperk, soos sekere beleggingstrategieë of regeringsintervensies. Maar wat vir my belangrik is, is 'n geestelike/spirituele vangnet wat dikwels na 'n beskermende of ondersteunende stelsel binne 'n geloofsoortuiging of spi...